TEMA’S

WIA se visie is om die waarhede van die Woord in die huwelik, gesin en persoonlike lewe van elke kamper af te bring. Lees hier tydlose praktiese wenke en oplossings oor verskeie tema’s:

Advertisements

Hoe om die vuur van konflik te doof

Wanneer hewige verskille nie betyds geblus word kan die flikkering daarvan gedurig OPvlam. Dan raak dit verterend en bedreig enige huweliksgeluk. Tog besit konflik die vermoë – indien reg bestuur – om maats se uniekhede na die oppervlak te bring en die verhouding in ‘n gesonde rigting te laat groei. Dis nie die trouring wat huweliksgeluk … Lees verder Hoe om die vuur van konflik te doof

10 Feite omtrent vergifnis

*Mercia het kamp toe gekom met ‘n verlamde en gebroke hart. Haar emosies aan flarde. Binne in haar het sy die dolk gedra van ‘n gebroke huwelik en die haat teenoor ‘n derde persoon wat haar lewe en gesin verwoes het. Intussen het Albert teruggekeer, maar het die bitterheid skeiding gebring. Ja – sy het geweet sy moes … Lees verder 10 Feite omtrent vergifnis

Waarom kamp ons?

Die sorge en bedrywighede van die lewe het die vermoë om die vuur in my hart af te koel. Dan roep my geloofspad na vernuwing en vars inspirasie. By die kamp sal hartstog en intimiteit weer vlamvat. Almal van ons – of jy gelowig of soekend is – verdien nou en dan ‘n transformerende verrykingskamp.  Wanneer hierdie wegbreeknaweek dan nog in die hartjie … Lees verder Waarom kamp ons?

Woorde wat jou kind verwoes

Tydens die Tienerkamp het *Mara bitterlik gesnik: “Daar is slegte dinge in ons huis. Wrede woorde word rondgeslinger. Dit skiet soos pyle binne in my hart. Ek is bang! Ek voel leeg, is ‘n emosionele wrak en die ergste van alles is dat ek geen selfvertroue meer oor het nie,”  MENSETAAL VERWOES: Mara, was ‘n produk van ‘n seer grootword. Ons … Lees verder Woorde wat jou kind verwoes