LESINGS
Treffende brokkies en uittreksels vanuit die kamplesings wat jou sal lus maak om so ‘n naweekkamp persoonlik by te woon …
Lesing 1: Skeppingsdoel
Waarom is ek hier? Wat doen ek op aarde? Baie gaan na die graf sonder om ooit uit te vind wat die hoofrede vir hulle bestaan was. Nee, dit is toe nie om te presteer of geld te maak of te werk vir die kerk of ‘n sukses van jou bediening te maak of om ‘n godsdiens te beoefen … Lees meer Lesing 1: Skeppingsdoel
Lesing 2: My stand in geregtigheid (Identiteit)
Watter punt uit 10 sal jy jouself gee as jy vandag voor God sou staan om jou waarde of geregtigheid voor Hom te skat? As pastoriekind sou ek myself so 6 uit 10 gee. ‘n Streng godsdienstige huis het my gebonde gehou. Ek was so verkeerd. Hierdie lesing het my lewe verander!
Lesing 3 en 4: Wandel in geregtigheid (Wortels en Bevryding)
Op watter pad klim ek vandag? KIES ek lig of duisternis, die lewe of die dood? Enige kind van God het hierdie lesing nodig sodat die kettings van die siel losgebreek kan word! Daar is binding in my siel, waarvan ons soms nie eens bewus is, maar sal Kennis uit Gods Woord asook die bystand van die Heilige Gees … Lees meer Lesing 3 en 4: Wandel in geregtigheid (Wortels en Bevryding)
Lesing 5: Saad van die Woord
Tydens hierdie lesing sal jy leer hoe om jou EIE BYBEL te gebruik en bybellees interessant en lekker te maak. Praktiese wenke soos bybelstudie planne, waar om die bybel te begin lees op ‘n maklike en eenvoudige manier, hoe om jou bybel te merk, sal dinge lekker en opwindend maak! Is daar ‘n verskil tussen “kopkennis” en … Lees meer Lesing 5: Saad van die Woord
Lesing 6: Beklee jou huweliksmaat
Vir ‘n gelukkige en gesonde verhouding. Lees die riglyne en wenke wat jou huweliksprent kan verander. Selfs al staan jy op skei – God kan jou sake verander.
Lesing 7: Persoon van die Heilige Gees
Die Heilige Gees is nie ‘n iets of ‘n spook of ‘n gees of ‘n krag nie, maar die derde goddelike wese in die 3-eenheid van God. Hy is ‘n Persoon met persoonlike attribute wat daagliks langs my wandel. Tydens hierdie lesing sal jy leer HOE om God se stem te hoor. Sien dat Hy … Lees meer Lesing 7: Persoon van die Heilige Gees
Lesing 8: Dapper Harte
Om met ‘n dapperhart op te staan en jou koue omstandighede buite weer te face, is nie maklik. Na die kamp is jou uitdagings buite, nog dieselfde. Niks het verander.