Lesing 2: My stand in geregtigheid (Identiteit)

Watter punt uit 10 sal jy jouself gee as jy vandag voor God sou staan om jou waarde of geregtigheid voor Hom te skat?

As pastoriekind sou ek myself so 6 uit 10 gee. ‘n Streng godsdienstige huis het my gebonde gehou. Ek was so verkeerd. Hierdie lesing het my lewe verander!Lees onder uittreksels vanuit die lesing en laat toe dat God jou sieninge verander:

Advertisements

Die geskenk

Na wedergeboorte is daar vele gawes waarvoor die kind van God kwalifiseer. Die pragtigste is seker die van my “Stand in Geregtigheid” deur Jesus Christus. Hierdie geregtigheid van God is ‘n onverdiende vermoë aan die mens. Dit het niks te doen met my eie geregtigheid of heiligmaking nie. Sodra ek deur wedergeboorte is (sien lesing skeppingsdoel) ontvang ek ‘n … Lees verder Die geskenk

Wie is jy werklik?

As pastoriekind word ek groot in ‘n tradisionele, streng godsdienstige huis. Baie dinge was sonde en onaanvaarbaar. Selfs kleredrag en skolesport. Daar was baie geestelike-slae en pa se sonde-preke het my altyd skuldig en rebels laat voel. Ek het geglo ek was reguit oppad warm plek toe en dat God my wil straf. Later sou hierdie gevoel ‘n gees van sondebewustheid kweek. Ek was gebind. … Lees verder Wie is jy werklik?