WIE IS WIA

WOORD IN AKSIE (WIA) het na 30 jaar se aanbied van Manne-, Vroue-, en later Huweliks- en ook Tienerkampe, voorwaar ‘n Lighuis in ‘n duisterwêreld geword. Die organisasie is ‘n tussen-kerklike-bediening wat praktiese lesings ontwikkel.Dit sal dan die mens toe te rus om die lewe se moeilikste probleme te hanteer. Na die naweek word die kamper teruggestuur na sy tuis gemeente om daar meer betrokke te word. God gee die deurbraak.

LIMPOPO STREEK:

Gedurende 2015 word die Limpopo kantoor in Polokwane gestig.

Lees hier meer omtrent WIA se Visie en Missie en die lesings wat duisende  mense se lewens sedert 1989 verander het:

VISIE:

Om die boodskap van die “Wet van die Vryspraak” en die “Woord van Geregtigheid” met mense te deel.

WIA se kruis

MISSIE:

  • Om deur middel van ontspanne naweekkampe hierdie visie-boodskap op ‘n praktiese manier aan kampers voor te stel.
  • Om mense in ‘n lewende liefdesverhouding met die Drie-enige God te bring.
  • Om die Woord van God in Aksie te bring in mense se lewens.
  • Die kamper dan terug te stuur om ‘n planting van die Here in sy eie omgewing te word – tot Sy verheerliking (Jes 61:3)

WIA IS DUS NIE:

  • ‘n Evangeliesasie-aksie nie  – hoewel dit ook evangeliseer.
  • ‘n Sendingaksie nie – hoewel die Boodskap sending-roeping aktiveer.
  • ‘n Denominasie nie – hoewel dit saamwerk met elke gemeente wat die inhoud van die Boodskap deel.

AKTIWITEITE:

Woord in Aksie se hoofaktiwiteit is die aanbieding van Manne-, Vroue- en Tienerkampe.  Die behoefte na Huwelikskampe vergroot tans. Daar word in die volgende streke kampe aangebied:  Kliek hier vir meer inligting oor die streke:

  • Gauteng             (Pretoria)
  • Wes-Kaap         (Hermanus)
  • Oos-Kaap         (Bluewaterbay)
  • Mpumalanga   (Lydenburg)
  • Noord-Kaap    (Jan Kempdorp)
  • Natal                  (Hiberdene)
  • Namibië           (Windhoek)
  • Tuin Roete      (Plettenbergbaai)
  • Vrystaat            (Kroonstad)

WIA FUNKSIONEER HOOFSAAKLIK OP VYF PILARE:

  1. Lofprysing:  Die sangleier se doel is om die teenwoordigheid van die Here en Sy glorie in die saal af te bring. Hierdie samesang bring eenwording en ‘n vrolikheid van hart tussen kampers.

    FRANNA BENADE BEDIEN BY WIA - GAUTENG

    FRANNA BENADE BEDIEN BY WIA – GAUTENG

  2. Lesings:  Temas en Kernwaarhede van die Woord in Aksie-lesings mag nie van afgewyk of verander word nie.  Sprekers word spesiaal toegerus om die boodskap suiwer te hou.
  3. Kleingroep bespreking:  Die kleingroepbediening is die hartklop van so ‘n kampnaweek. Kleingroepleiers is vaardig en word gereeld opgelei. Hier word Woordsaad nat gemaak.
  4. Een-tot-een bediening:  Spesiale aandag word gegee aan die kamper met ‘n spesifieke behoefte.
  5. Gebed:  Die naweekkamp word gerugsteun deur deurlopende gebed.

HOOFKANTOOR BESTUUR:

LIMPOPO BESTUUR:

SANG EN MUSIEK

Dirk en Trienie Mahne

 

15380706_10211421103382802_2777455820339855166_n

Clement Scott

 

 

 

 

 

Bennie en Musiekspan

Franna Benade – Huwelikskampe

 

 

Kliek HIER vir meer inligting oor ons ander streke of gaan na   http://www.wia.org.za/

 GESKIEDENIS

WIA PD Le RouxDie uiteindelike stigting van WIA het begin nadat PD le Roux in 1987 ‘n profetiese word vanaf ‘n Amerikaanse dienskneg ontvang om homself te “MULTIPLY”.  Hy was reeds besig om in die boek “Bevryding van die gees” die ware openbaring omtrent GEREGTIGHEID, VRYSPRAAK en BEVRYDING vas te pen.

Oom PD het as jong seun die roeping van God in sy lewe ontvang om die evangelie te verkondig. Sy hele lewe was dan ook gewy aan hierdie taak.

In 1989 word die eerste mannekamp om ‘n kampvuur bespreek en die begeerte daartoe vasgemaak. Die eerste kampe het op Mabula terrein plaasgevind wat vinnig te klein geword het.

Na ‘n vrugbare bediening van meer as 47 jaar is hy huistoe om by die Here te wees. Sy Woordverkondiging was geseënd beide in Suid-Afrika en in die buiteland.

In sy boeke laat hy ‘n  nalatenskap wat nog vir baie jare ‘n kragtige instrument sal bly tot redding van siele en opbouing van die kerk van Christus.

Boeke sal tydens kampe beskikbaar wees of kan vanaf hoofkantoor bestel word.

 

WIA PD Boek 1

BOEK:  STUDIES IN DIE BEVRYDING VAN DIE GEES

So ‘n wegbreek manne- of vrouekampnaweek asook hierdie boek is ‘n moet vir enige familie.  Leer meer omtrent :

  • Bevryding van sondebewustheid
  • Bevryding van ongeloof
  • Bevryding van vrees
  • Bevryding van depressiwiteit
  • Bevryding van frustrasie, bitterheid, haat
  • Bevryding van die vrees vir die dood
  • Selfmoord
  • Dood van ‘n geliefde, ens.

asook talle ander studies wat jou gees in Vryheid sal laat losbreek.

 

WIA PD Boek 2

DIE HEILIGE GEES IN AKSIE VANDAG

Moenie hierdie manuskrip mis nie. Vir die gemiddelde leser sal ‘n nuwe verhouding met die kosbare Heilige Gees as Persoon, ‘n deurbraak verhouding kweek.

Elke lewende steen (christen) wat in die Godsgebou ingemessel word deur die Heilige Gees, het daagliks geestelik inspraak nodig.

Hierdie boek is nie vir ‘n spesifieke denominasie nie, maar sprei sy vlerke wyer en seën alle mense wat begeer om die stem van die Heilige Gees te hoor.

 HUIDIGE GESKIEDENIS

Woord in Aksie-Limpopo word gestig in 2016.

Advertisements