KAMPPLEK
Begeer jy ‘n lekker bosveld wegbreek naweek?
Soms is dit net wat jy nodig het! Woord In Aksie (WIA) bied verskeie kampe aan in ons land. Kies self waar jy so ‘n onvergeetlike naweek wil beleef. Vind hier onder die ander streke asook kontakpersone.
Kampnaweke sluit gewoonlik plaaskombuis etes, verblyf asook Lesings vanaf verskeie geesvervulde gassprekers in.
OMTRENT LIMPOPO KAMPE:
Wat moet ek saambring?
- Beddegoed (slegs indien jy jou eie verkies)
- Toiletries
- Bybel en notaboek
- ‘n Ontvanklike hart
- Sakgeld vir boeke en snoepie
Die gronde: PALMS INN GASTEHUIS – ontwerp vir vredevolle ruimte
Hierdie Gastehuis bied ‘n bosveldvakansie vir die hele gesin. Daar is 2 Konferensie sale wat tot 600 persone kan bedien. Die belofte en blommereuk belowe volle avontuur en word jy bederf na gees, siel en liggaam.
PALMS INN KOSTES: (Slegs vir Woord In Aksie-kampers)
- Koste: R430.00 p.persoon vir die naweek (alles ingesluit)
- Besprekings: Kantoor 082 776 4966 of Debbie 082 466 0253 of Anso 082 099 8042 of stuur epos na wialimpopo@gmail.com
- Arriveer: Vrydagmiddag vanaf 16h00 vir registrasie. Ete 18h00.
- Verdaag: Sondagmiddag vanaf 12uur.
PADAANWYSINGS NA GRONDE:
Palms Inn gronde is 5km buite Polokwane op die R71 na Tzaneen. Vanaf Pretoria (N1) klim op die R71 na Tzaneen. Sien bruin info-bord van Palms Inn Gastehuis.
Ko-ordinate S23.5338.6 E029.3244.5
Google Map Palms Inn (Copy URL in you slim Foon of skootrekenaar op Google map en sê GO !!!) https://goo.gl/maps/ChFRfM6BuGQ2
Wil jy by ander plekke ‘n kamp bywoon?
GAUTENG (Hoofkantoor) – Freddie 084 810 0579
WES KAAP – Bennie 082 807 0586
NATAL – Neill 083 778 8094
VRYSTAAT – Poela 082 808 8381
OOS KAAP – Harry 082 779 1491
LIMPOPO – Debbie 082 466 0253
VRYSTAAT TEENS – Disie 060 528 6725
Hoof webtuiste : http://www.wia.org.za