Die geskenk

Na wedergeboorte is daar vele gawes waarvoor die kind van God kwalifiseer. Die pragtigste is seker die van my “Stand in Geregtigheid” deur Jesus Christus.

Hierdie geregtigheid van God is ‘n onverdiende vermoë aan die mens.

Dit het niks te doen met my eie geregtigheid of heiligmaking nie. Sodra ek deur wedergeboorte is (sien lesing skeppingsdoel) ontvang ek ‘n nuwe  posisie nl. die geregtigheid van God,  wat ‘n vry geskenk vanaf God is.

Waarom het ek hierdie gawe nodig in my lewe?

Om te heers. Dis ‘n geskenk van autoriteit. Ek kan dus inbeweeg selfs in satan se terrein waar aanslae, toetse, vervolging, slegte omstandighede, armte, siektes ens. heers en my grondgebied van oorwinning terugvat.

Verduidelik STAND VAN geregtigheid

Dit is om in die teenwoordigheid van die Hemelse Vader in te beweeg sonder ‘n gevoel van oordeel, sonde of skuldige gewete. Ek ontvang dus die vrymoedigheid om in God se troonsale in te beweeg en voor Hom te gaan staan (soos in gebed) omrede ek weet ek is deur Jesus Christus vrygespreek en rein verklaar.

Daar is geen veroordeling teen ons nie. Die skuldbewys met sy eise teen ons is tot niet gemaak.  Alles is betaal.  (Lees Romeine 8) 

Die wedergebore kind van God staan nou onder die Wet van die vryspraak en nie meer onder die Wet van die 10 gebooie nie. Verder word die skuldbrief wat die vyand teen my hou met al my foute, tekortkominge en sondes, deur Jesus Christus aan die kruishout vasgenael.

God die Vader het ons uitgehaal uit die mag van die duisternis en oorgebring in die Koninkryk van die Seun van Sy liefde, deur wie ons verlossing en vergewing van sondes onvang het (Kol 1:13-14)

Ek noem myself dus nie meer ‘n arme nietige sondaar of ou wurmpie Jakob nie. Ek is vrygekoop en losgekoop van slawerny.

My Stand in Gerergtigheid skenk my ook die mag om die krag van satan se werke oor my lewe te breek en kan ek daaroor heers.

Ek is nou die Koningskind van God!